Kersgroete 2023
Dagsê vriende.
As ons terugkyk op 2023 was dit sekerlik vir ieder en elk van ons ’n besige jaar. Ek glo met die terugkyk dat elkeen van ons die hand van die Here in ons lewens en in dié van gemeentes kon sien, ervaar en beleef.
Namens ons Sinode baie dankie aan elke gemeente en individu wat bygedra het tot ons Sinode se Rampfonds.
Met u vrygewigheid kon ons boere en hul diere in nood na die geweldige brande help. Baie dankie.
Dankie vir u as leraar en wat u vir u gemeente beteken.
Dankie aan elke gemeente wat u leraar ondersteun en so mooi versorg.
Advent is altyd ’n spesiale tyd.
’n Tyd waarin ons weer teruggevoer word na ’n stal in Betlehem.
’n Seun wat vir ons gebore is.
Ek wens vir elke lidmaat, leraar en hul gesinne ‘n geseënde Kersfees toe.
Mag dit vir u en u gesinne saam ’n wonderlike, geseënde tyd wees.
Elkeen wat ’n ruskans gaan neem, geniet dit en kom verfris terug vir 2024.
Seënwense!
Grant du Plessis