Die volgende 4 gewoontes is geïdentifiseer as die belangrikste kenmerke waarop God ons laat fokus.

1. Reisend in die Rigting van God se Koninkryk

Die gestuurde kerk het ’n reis ingesteldheid wat:

  • Sy roeping verstaan as ’n getuienis van die Evangelie van die inbreking van God se regering.
  • Daarna strewe om ’n instrument; ’n agent en ’n teken van God se regering te wees.
  • Bewus is van die voorlopige karakter van dit wat hulle is en doen.
  • Weet dat dit nie God se koninkryk is nie maar heenwys daarna.
  • Weet dat sy eie transformasie ’n voortgaande noodsaaklik is.Wesenstaak van die Kerk is die vorming van geloofsgemeenskap om te leef uit hulle verhouding met God en daardeur gevorm word. Ek leer om my lewe te lewe soos Christus sou as Hy ek was. (Bybelse vorming)

Beweeg weg van Lidmaat kerk / Kerk as instituut na Dissipelskap.

2. Afhanklikheid van die Heilige Gees

Die gestuurde Kerk bely sy afhanklikheid van die Heilige Gees, en demonstreer dit deur:

  •  Sy gebruike van: Saam bid en wag op God
  • Homself heeltemal in die hande van God plaas en bid: “Nie my wil nie, maar U wil.”
  • Van die Heilige Gees te verwag om op te tree in die wêreld en in die lewe van die kerk.
  • Besluitneming is gefokus op: Gesamentlike gesprek; Onderskeiding oor hoe die Heilige Gees besig id om hulle te lei; Hulself nader te rig met God se aksies en bedoelings.

’n Kerk opgeneem in die beweging van die Heilige Gees. Die Kerk wat “Catch up” speel met die Heilige Gees. Die Gees skuif die kerk se grense elke keer verder.

3. Gebruike wat God se Bedoeling vir die Wêreld Demonstreer

Die gestuurde kerk ontwikkel “gewoontes” of “gebruike” wat God se bedoeling vir die hele wêreld demonstreer, soos:

  •  Liefdevolle aanspreeklikheid, wedersydse teregwysing binne die konteks van sorgende groepe wat mekaar wil help om te groei in dissipelskap
  • Versoening en die waardering van regte verhoudings, vergifnis en genesing.
  • Gasvryheid aan die vreemdeling bewys, en bereidwillig om bereikbaar en sigbaar te wees.
  • Wedersydse sorg, deel, besoek, betrokkenheid in mekaar se lewens verby Sondagoggend.
  • Uitreiking op sorgende wyses na die omringende gemeenskap.

’n Kerk wat gewoontes kweek waardeur hulle God se nuwe wêreld moduleer.

Die verwelkoming van die vreemdeling in gasvryheid. Om elke persoon wat by my gemeente aankom, te sien as ’n geskenk van die Heilige Gees.

4. Bybelse Formasie en Dissipelskap

Die gestuurde kerk is ’n gemeenskap waarin:

Afhanklikheid, luister, fokus op God. Omgee vir mekaar. God skep ’n nuwe geloofsgemeenskap met omgee, gasvryheid, om die vreemdeling veilig te laat voel.

  • Alle lede betrokke is in die proses om te leer wat dit beteken om ’n dissipel van Jesus Christus te wees.
  • Die Bybel is essensieel in hierdie dissipelmaking proses.
  • Die Bybel is normatief vir sy lewe en getuienis.
  • Die formasie van dissipels is ’n proses wat uitgaan: van soekers en nuwe gelowiges; na langtermyn, aktiewe lidmate.
  • Sitkamer grootte groepe: Sleutel plasing vir formasie van dissipels.

Definisies van ʼn Missionale Gemeente

Sluit die volgende elemente in:

  • Die Missio Dei: die Drie-enige God wat gerig is na die wêreld, en ons saamtrek.
  • ʼn Onderskeidende proses: aanbiddend, luisterend.
  • Relevante Godsvrae verreken: Waar is God aan die werk? Waarheen is God met ons op pad? Waar het God ons geplaas? Waarheen stuur Hy ons?
  • Die konteks waarin ons staan, moet ons ken en verreken.
  • Die toerusting en bemagtiging van gelowiges om dienend hoop en verandering te leef in die wêreld.
  • Die aanleer van geloofsgewoontes wat lidmate se leefstyl help transformeer.
  • Twee vlakke waar transformasie sigbaar moet wees: missionale formatio & missionale diakonaat
  • Gelowiges beliggaam die evangelie deur hul manier van betrokkenheid by die wêreld.

‘n Werks-definisie van ʼn missionale Gemeente:

ʼn Missionale Kerk skep, vanuit haar aanbidding van en verhouding met die sturende drie-enige God, ruimtes vir die vorming van navolgers van Christus, wat die Missio Dei inkarneer. ʼn Missionale Kerk onderskei, deur die toepassing van die Godsvrae op haar konteks, haar dienende deelname aan God se lewegewende beweging in sy wêreld.